Acacia karroo (DoringBoom), Oos Kaap, Suid Afrika
Welkom
Ek het met die projek begin toe my jongste my gevra het of ons n stamboom het. Op daai stadium het ek glad nie belang gestel nie, maar toe raak ek nuuskierig en skoon verslaaf.
Dit het ver buite my verwagtinge gegroei soos die neefs, niggies, kleinneefs en kleinniggies hulle inligting by gesit het. Ek het nie eers van baie van hulle geweet nie en is baie dankbaar vir al die inligting.
Daar is geen kostes nie, ek vra net vir n log in om vastestel watse verkeer en van waar die verkeer kom. As daar enige inligting is wat jy kan by sit of as jy iets wil reg maak sal ek dit met graagte doen.
|